TANNIE WILMA SE BOONTJIESOP
500g Sopvlies
500g gespikkelde suikerbone
125g Gesnipperde Bacon
1 groot ui fyngekap
2-3 wortels grof gerasper
2 aartappels grof gerasper
125ml Tamatiepuree (of 2-3 tamaties fyngesny)
Metode:
Bedek die sopvleis met water en kook tot lekker sag – indien jy ‘n drukkoker het so 45min. Haal uit die pot en sny in klein stukkies met ‘n kombuissker.
Kook intussen die suikerbone in dieselfde water tot dit sag is (dit moet ook naie goed bedek wees met water – in die drukkoker so 30min)
Gooi die vleis, bacon en sopbene terug en kook saam vir so 15min. Gooi nou nog kookwater by indien nodig. Dit is gewoontlik so om en by 3-4 liter alles saam.
Voeg die gerasperde ui, wortels en aartappels by en kook vir nog 15-30min totdat die groente ook lekker sag is.
Gooi laaste die tamatiepuree by en kook deur.
Gooi sout en peper by ma smaak
Ek vries wat oor is en ontdooi dit later. Dit vries BAIE goed!
Resep geplaas en foto van Elré van den Heever








