PRAWN RISSOLE
Deeg:
1 koppie meel
1 koppie water
2 eetlepels botter
½ teelepel sout
Laat kook die water op die stoof saam met die botter en sout, sodra dit vinning opkook, gooi die meel by en roer todat die deeg ‘n bal vorm. Verwyder van stoof en knie die deeg tot dit elasties is, laat afkoel en knie maar kort kort om te verhoed dat die deeg uitdroog.
Vulsel:
Maak ‘n stywe witsous
1 ui fyn gekap
1 huisie knoffel fyn gekap
vars pieterselie
rooi pepper
botter
prawns
sout en pepper
Braai die prawns in die botter tot mooi pienk geur met sout en pepper, haal uit die pot en laat afkoel, sny die prawns in redelike stukke, in dieselfde pan braai die uie tot deurskynerig, voeg knoffel by, gooi nou jou witsous by en dan die prawns, (die verhouding prawns en witsous moet van so aard wees dat daar nie te min prawns is teenoor die sous nie) gooi genoeg rooi pepper in om dit ‘n effe byt te gee nie brand nie en dan pieterselie. Laat afkoel.
Vul die rissoles so, rol die deeg +/- 1/2 cm uit en druk sirkels uit, ek vat die sirkel tussen my duim en wysvinger om ‘n “bakkie” te maak dit is net makliker om die rissole te seël as die vulsel in is, skep die vulsel in en druk van onder na bo om lug uit te kry en knyp die halfmaan goed toe, moenie te veel vulsel insit, nie anders as jy hulle bak, bars hulle oop. Doop die rissoles in ‘n eier en melk mengsel en dan in krummels, dan weer in die eier en weer in krummels. Bak tot goudbruin in olie.
Hulle vries baie goed, as jy hulle wil bak van gevries af moenie ondooi nie, bak hulle net so gevries.
Nota: gebruik alle bestanddele vir die vulsel en in plaas van prawns sit lekker savory mince in wat klaar gebraai is.
Resep en foto: Ilona Turner