SJOKOLADE KRULLE VIR KOEKVERSIERING
Hier is dit weer: kan ek jou ‘n tip gee wat baie lekker werk? smelt die sjokolade en gooi op ‘n stuk yskoue graniet en sit in yskas as dit baie warm is buite. Wanneer jy dit uithaal skraap dit met ‘n dun skerp mes (soos ‘n ontbeen mes) in papierdun rolletjies. Dit gaan dalk bietjie oefen neem maar dis die moeite werd.
Jy moet ook jou sjokolade in bak oor kookwater smelt anders kan dit later gryserig vertoon as dit in direkte kontak met die hitte van stoofplaat of gas was. Ek het ook al my gesmelte sjokolade op waspapier gesmeer in lang dun strepe en dan sit ek nog ‘n vel van dieselfde lengte bo-op en vryf dit versigtig plat (moet nie te naby die kante smeer nie dan druk die sjokolade uit) en rol oor ‘n karton roller (soos ‘n ou foelie houer) terwyl dit nog warm is en sit in yskas. Wanneer dit geset het rol dit af en die stukke breek mooi af in gekrulde stukkies wat jy dan kan gebruik om koeke mee te versier.
Resep en foto: Elsabie Templeton








