1kg lion beans, (boontjies)
half kg varkspek,
soveel beesvleis soos wat jy verkies,
1kg sopbene,
2 Groot uie geskil en fyn gesny,
500gr maccaroni,
2 blikke tamatie pasta,
sout en peper,
2 mutton vleis extrakblokkies,
Metode:
oornag boontjies in water. Volgende dag, gooi uie, boontjies, sout en peper saam ‘n blik tamatiepuri in stoompot, en kook boontjies sag, in my stoompot vat dit 40min tot sag, dan gooi ek dit in die grootpot op die stoof en voeg 3liter warmwater by, bring tot prut en draai hitte af na so 2 of 3. dan vat ek die sopbene, varkspek, beesvleis in stoompot en voeg so 2 koppies water en sout en peper by, kook vir 45min in stoompot. Intussen voeg die maccaroni by die boontjies saam met die 2de blik tamatie pasta, en die mutton extrakblokkies, roer kort kort sodat die maccaroni nie vasbrand nie, wanneer die vleis gaar en sag is, voeg als bymekaar, sit die plaat op 1 vir 30min, roer kort kort sodat dit nie vasbrand nie… indien die sop te dik is na jou smaak, kan jy nog water byvoeg om dit te verdun… partykeer druk ek die boontjies ‘n bietjie fyn, maar nie vandag nie.
Foto en resep deur Koos en Wilmien van der Merwe
Geskuif