MALVALEKKER BAKKIES
30 ml (2 eetlepels) gelatien
250 ml (1 koppie) kookwater
750 ml (3 koppies) strooisuiker
2 ekstra groot eiers se eierwitte
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
1 boks van die kolwyntjie roomysbakkies en bietjie sprinkels
Los die gelatien op in die kookwater, roer goed tot opgelos.
Voeg die gelatine oplossing saam met die strooisuiker, eierwitte en vanilla in ‘n mengbak en klits goed met ‘n elektriese menger tot wit en effe styf.
Skep lepelsvol van die mengsel in die kolwyntjie bakkies, wanneer die mengsel effens gestol is, strooi die sprinkels oor. Die mengsel maak ongeveer 72 bakkies.
Resep en foto: Hanlie Uys








