GRANADILLA STROOP
4 koppies suiker
1 koppie granadillapulp
750 ml kookwater
7 g Engelse sout
7 g wynsteensuur
Meng die suiker, granadilla en kookwater in ‘n potjie en verhit stadit totdat die suiker opgelos is. Verhoog die hitte tot kookpunt en verwyder van die hitte. Giet die mengsel deur ‘n sif en voeg die Engelse sout en wynsteensuur by die suikermengsel. Roer deur tot gemeng en bottel die stroop in gestriliseerde bottels.
Geniet saam met water, sodawater of “Sprite”.
Nota:
Ek het ipv wynsteensuur, ‘n ½ eetlepel suurlemoensap gebruik.
Foto 2:
Ek het by hierdie weergawe besluit om van die pitte in die stroop te los en die resep verdubbel.
Resep en fotos: Benhet Nieuwenhuis










geskuif
baie lekker stroop! is soet so ek sal voorstel bedien dit met yskoue water!!! heerlik