Ek bak net vis ( enige ferm witvis) met meel en sout oor. Dan sny ek uie op (ek hou van baie uie) en kook dit net vinnig op. Gooi dan die water af.( dit neem winderigheid van uie af). Dan gooi ek asyn, suiker, masala, borrie, lourie blare en peperkorrels in uie en kook verder. As dit te suur is kan jy water bygooi. Moet nie uie te sag kook nie. Laat oornag staan.
Bron: Mitzi Clarke Witbooi