
HONDEBESKUITJIES
2 koppies volkoring meel
½ koppie mieliemeel
2 eetlepel fyn biltong
2 eiers
1 piesang
2 eetlepel sonneblomolie
¼ koppie oxo of bovril
Meng alles saam en knie deeg. Rol uit en sny of druk koekies uit. Bak by 180ºC vir 20 min laat in oond afkoel.
Bron: Hester Joubert






