Vis met ‘n stewige vleis (ek het geelstert gebruik)
¼ koppie olie
2 eetlepels suurlemoensap
1 fyngemaakte knoffelhuisie
sout, peper, oreganum en roosmaryn
Hoeveelhede hang af van hoeveel vis gebruik word.
Maak die vis skoon, was en dreineer goed. Plaas die vis op 3 lae waspapier (ek gebruik bakpapier). Meng die olie, suurlemoensap, knoffel, peper, sout en oreganum en giet in ‘n klein flessie met ‘n deksel. Maak toe en skud die flessie goed om die bestanddele te meng. Sny gleuwe in die vis se sye (score) en smeer die buite en binnekante van die vis deeglik met die mengsel. Plaas ‘n roosmaryn takkie binne in die vis asook bo-op. Draai die vis nou toe in die papier en bind die endte met ‘n toutjie toe. Smeer die buitekant van die papier met olie om te keer dat dit nie brand nie. Plaas in ‘n gesmeerde oondpan en bak by 220ºC vir 10 minute. Verlaag die hitte na 180ºC en bak vir ‘n verdere 30 – 40 minute.
Bron: Resep deur Adrian Olivier aangepas uit die Resepteboek GREEK QUISINE.
Foto: Adam Cloete








