CORNELIA SE LEKKER SPEK & KIE QUICHE
Ek het nie ‘n resep gebruik nie. Sommer so uit my kop aanmekaar geslaan.
250 g gesnipperde bacon
15 ml olie
250 g sampioene gekap
6 gerookte viennas gekap
6 eiers
400 ml melk
15 ml suurlemoensap
250 ml Gerasperde cheddar kaas
3 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
5 ml gedroogde kruie of pietersielie
Braai spek, sampioene en viennas in olie. Skep in 2 gesmeerde tertbakke.
Klits nou res van die bestanddele saam en giet oor tert. Bak in voorverhitte oond van 180 ˚c vir 30 – 35 min. Sit voor saam ‘n lekker mengelslaai en gebakte aartappels vir ‘n heerlike ete in die somer.
Geniet dit!!!
Resep en foto: Cornelia Myburgh








