My gaste het so baie hiervan gehou daar is nie eers een oor nie… sal maar weer moet bak..
500ml Bruismeel
8 Selati Versoetter sakkies
Knippie sout
2ml Kaneel
2 Eiers
100ml Kookolie
500ml melk
20ml stroop van vye
2 Ingelegde heelvye, opgesny
Metode:
Stel die oond op 180gr C. Smeer ‘n kolwyntjiepan met 12 holtes.
Meng die bruismeel, versoetter, sout en kaneel goed saam. Klits die eiers goed en meng met die melk, kookolie en stroop van die vye. Meng alles saam tot ‘n slap deeg.. Voeg nog melk by indien die mengsel te styf is. Voeg die opgesnyde vye by en meng weer deur.. Skep in kolwyntjie panne. Bedien met heel vye, -stroop en botter…
RESEP EN FOTO: Wilma Josey Venter








