VISKOEKIES MET OATS
1 blik pilchards ( 1 x 425 g blik pilchards in tamatiesous)
2 eiers, geklits
1 ui, gerasper
125 ml selfraising meel
1 wortel, gerasper
75 ml oats
1 teelepel sout
suurlemoensap
swart peper, gemaal
3 eetlepels gekapte pietersielie of koljander
3 teelepels blatjang of tamatiesous
Maak vis baie fyn en meng met al die ander bestanddele.
Maak plat of ronde viskoekies en bak in vlak olie in pan.
Eie resep en foto van Hazel Nortje
Hazel Nortje
Ek het verlede jaar prys gewen @by die hartstigting met die resep, die foto kom uit hul resepteboekie uit, mens kan enige pilchards asook tuna gebruik, ek sit kapokaartappels en slaai by of oondgebraaide chips wat nie so olierig is nie.








