TUISGEMAAKTE “PIENK MELK”
Ek maak tog te graag vir myself ‘n pienk melkie. Ek koop egter nooit Nesquik nie, dis net te duur. Ek koop strawberry essens by die bakwinkel en het altyd pienk kleursel in die huis. Een glas yskoue melk, 1 telepeltjie suiker, ‘n bietjie essens en kleursel en roer. Absoluut heerlik, dit smaak PRESIES soos Nesquik. Ek laat sommer die kleursel uit, dis nie regtig nodig nie, dit proe mos lekker, maar kiddies sal dalk van die pienk kleur hou. Mens sal dit in hierdie resep ook kan gebruik.
Resep en foto: Louise Groenewald