RICE KRISPIE KOEKIES OF HORINGKIES
Hierdie resep is eintlik vir daardie wat mens binne in die roomys horinkies sit, maar ek het dit sommer party keer in “cup cake” papiertjies gesit.
1 x groot boks Rice Krispies
1 x groot pak Marshmallows
2 x blikkies Karamel
1 x teelepel Vanilla geursel
Nou sny jy die marshmallows in blokkies in ‘n lekker groot kastrol.
Laat word dit baie stadig warm, totdat die lekkers begin smelt.
Roer die Vanilla geursel en Rice Krispies by. Dis ‘n hengse taai gesukkel, maar hou moed!
Klits die Karamel met ‘n vurk tot dit so bietjie slap en romerig is. Mens by die Rice Krispie mengsel in en
Meng goed deur.
Skep lepels vol in die horinkies. (Of vorm balletjies in die cup cake houertjies)
Gepos deur Chantelle Geldenhuys