MARSHMALLOW FONDANT
450 g marshmallows
900 g versiersuiker
1½ eetlepel water en botter
Plaas marshmallows in bak op hoog, mikro 30 sekondes. Voeg water by. Smeer groot houtlepel met botter en roer marshmallows. Smelt weer 30 sekondes. Roer tot glad. Voeg versiersuiker by, 250 g op ‘n slag en roer aanhoudend tot alle versiersuiker bygevoeg is. Smeer hande met botter en knie marshmallows op gesmeerde opervlakte tot glad en nie meer sticky is nie. Hoop dit help.
Dit smaak lekerder as gewone fondant en werk ook lekker. As daar oor is, bêre in plastiek sakkie en wanneer jy weer gebruik smelt bietjie in mikro. Jy kan jou eie kleure maak. Di gelkleursel werk lekker so ook die poeier.
Resep: Patience Rossouw Grobler O’Kennedy
Foto: Maritsa Gouws








