Ek het hierdie een al gemaak. Jy kan dit maar geur met aarbei essens en pienk kleursel:
Malvabolaag:
4 ekstragroot eierwitte, teen kamer temperatuur
1 koppie suiker
¼ teelepel kremetart
1 teelepel vanieljegeursel
Plaas eierwitte, suiker en kremetart in ‘n metaalmengbak en plaas bo-op ‘n pot met pruttende water. Klits totdat die suiker opgelos het en eierwit warm voel, omtrent 4 minute. Verwyder van hitte en klits ‘n verdere 5 tot 7 minute, begin teen lae spoed en verhoog die spoed geleidelik tot stywe blink punte gevorm het. Klits vanielje by en bedek koek met die mengsel bo-op en langs die kante met ‘n slaplemmes. Maak dekoratiewe patrone soos jy smeer. Indien verkies kan jy die malvalaag liggies verbruin met ‘n kombuis-blaasvlam. Bedien dadelik of bêre tot twee dae in die yskas.
Louise Groenewald