
KAMBRO BESPREKING
The Kambro (Fockea edulis) is a plant indigenous to the Karoo and Eastern-Cape. It consists of two tiny greyish leaves above the ground that are so inconspicious that it can be easily missed, even if one is carefully looking for it. Under the surface the Kambro plant has a big bulb however, similar to a sweet patatoe. It is edible and makes very nice jam.
Kambro-konfyt
Uit Peter-jasies se resepteboek
Jasper Cloete het soos volg weet:
Kambro is ‘n wilde plant wat ‘n knol onder die grond maak, die knol lyk baie soos ‘n patat (‘n groot patat) en dit kom in die Karoo voor. Dit groei tussen klippe en net klein blaartjies steek bokant die grond uit, jy moet dus weet hoe die plant lyk om daarna te gaan soek, en dan is die knol onder die grond tussen die klippe en met ‘n groot gesukkel kan jy dit uit kry. Ek weet nie wat is die Kambro se botaniese naam nie, maar dalk onthou ek daarvan as ek weer op die plaas kom en vind meer uit oor die plant. As jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet jy beslis pro hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen konfyt, maar dit het tog ‘n unieke smaak.Deur Jasper Cloete
Hier is die resep van ‘n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook. Sy is nie familie nie, maar ons albei kom van Sutherland. Volgens haar is net die Kambro’s wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.
Hier is die resep soos wat sy dit maak:
Skil kambro dun af en week dit vir ‘n ruk in soutwater om melk uit te trek (ek weet nie hoe lank ‘n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou kook.






