HEERLIKE KORSLOSE SOUTTERT
Resep: Cornelia Myburgh
Foto: Jasper Louw
FOOD LOVERS RECIPES
1 x 275 g blikkie weense worsies (sagte soort)
1 x 300 g soutvleis, fyn gemaak
150 g gerasperde cheddar kaas
½ ui, gerasper
15 ml mosterdpoeier
5 ml droë pietersielie
15 ml suurlemoensap
15 ml blatjang
15 ml tamatiesous
sout en swartpeper
30 ml koekmeel
3 eiers
375 ml melk
Meng die eiers, meel en melk en voeg die ander bestanddele by.
Sit in gesmeerde bak en bak vir 40 min by 180°C tot gestol.
Dien louwarm op.









Hierdie is ‘n baie lekker tert en die resep kan lekker aangepas word met ander bestanddele. Die volgende keer wat ek dit gaan maak, sal dit met Tuna wees.