WATERBLOMMETJIE BREDIE
600 g – 1 kg waterblommetjies
500 g – 1 kg bredie vleis van jou keuse (ek het varkvleis gebruik)
2 mediumgrootte uie grofgekap
4 medium grootte aartappels in blokkies gesny (min of meer kwarte)
200 ml suurlemoensap
200 ml wit wyn
500 ml bees, skaap of hoederekstrak (vir die vark het ek skaapekstrak gebruik)
300 g sampioene in helftes gesny.
(hoeveelhede hang af van jou hoeveelheid vleis en waterblommetjies. Ek het op 600 g van elk gewerk)
Braai die vleis in warm olie tot goed bruin en voeg dan die uie by. Braai die uie saam met die vleis tot die uie begin sag word. Voeg die suurlemoensap, wyn en aftreksel by en laat prut die vleis tot dit goed sag is. Daar behoort genoeg vloeisof te wees, maar indien dit begin droogkook, kan bietjie kookwater bygevoeg word.
Voeg die aartappels by en laat dit vir 5 minute kook voor jy die waterblommetjies bo-op die aartappels plaas. Geur met sout en peper, maar onthou dat die aftreksel reeds sout is Bedek en laat verder sag prut vir ongeveer 30 minute. Die waterblommetjies moet sag wees, maar nie pap nie. Voeg die sampioene by en meng nou alles baie versigtig deurmekaar. Laat vir nog 5 minute prut oor lae hitte. Bedien met rys.
Foto en resep geplaas deur ADAM CLOETE








