Anthea Ernest
Pak jou hake stukke in ‘n oondbak. Sout, peper en vis spice na smaak bo-oor. Maak ‘n lekker witsous/kaassous, gooi bo-oor en strooi kaas op. Bak in oond teen 180°C vir so 30 min.
Jenny Nel Robberts
Hier is wat ons in die restaurant maak wat heerlik is. Sit jou hake in ‘n glasbak of pan en sprinkel oor lemon en herbs spice en fish spice. Smeer botter oor en grill in oond tot gaar. Dan maak jy ‘n lekker kaassous en gooi wit wyn by. Braai so paar prawns in botter en knoffel. Skep vis op in jou bord en skep van die wit wyn kaassous bo-oor, sprinkel met kaas en sit prawns oor. Grill in die oond tot die kaas gesmelt is. Bedien met gebraaide rys wat uie, green pepper, mushrooms en gekapte wortels in het en ‘n lekker slaai. Dis awesome verby.
Foto: Rina Kleinhans – verwerking van Jenny se resep
Michelle Joubert
Hierdie is my vriendin se reseppie!! Kook die hake fillets in melk oor lae hitte. Haal vis uit en vlok (krummel) in ‘n bak. Maak ‘n witsous van die melk wat die vis in gekook was. Maak pasta gaar en meng nou dis pasta, vis en witsous deurmekaar. Rasper kaas oor en bak in oond tot kaas gesmelt is!! (Jy kan gemengde groente ook insit as jy wil)
Die melk in die pot waarin jy die vis gaargemaak het, sal reeds warm wees. Gooi so eetlepel botter/margarine daarin. In ‘n koppie, meng so 1 opgehoopte eetlepel koekmeel met bietjie warm melk. Gooi dit stadig in jou pot by en klits aanhoudend tot daar geen klonte is nie. Kook op lae hitte to dit begin dik raak. Haal van plaat af en voeg sout/ aromat en swartpeper en so hand vol gerasperde kaas in. Roer deur en siedaar, ‘n heerlike witsous vir jou vis pasta!
Marian van Deventer – Foto van die blad
Ons aandete… hake in mushrooms, room en kaas gebak op rys met knoffel botter aartappeltjies en beet en brocoli gebraai – ek het nog mix herbs en bietjie sout oor vis ook gestrooi.








