MAURYN SE GROENTESOP
Hi almal, ek verander soms van my bestandele en hoeveelhede maar hier is my resep:
650g kombinasie van butternut en geelwortels
50g kombinasie van preie, uie en seldery
200g gekerfde boontjies
100g witwortels
100g split green peas (opsioneel) oornag geweek in water
Vars koljander en pietersielie
Klontjie botter
Ek vind dit maklik en vinnig om ‘n stoompot te gebruik.
– Verhit die botter in jou stoompot en voeg die sopgroente daarby (nie die split peas nie)
– Sweet jou sopgroente vir 5min op lae hitte
– Voeg 1 en half liter water met jou groenteaftreksel by
– Bededek en stoom vir 20min. (40min in ‘n gewone pot)
– Versap gedeeltelik
– Kook jou split peas vir 15min of tot hulle gaar is in ‘n ander pot. Gooi oortollige water en gooi dit in jou sop
Ek gooi soms sopvleis in om hom ‘n ander smaak te gee
Nota: Skuus split peas se oortollige water moet gedreineer word voor hulle by die sop bygegooi word.
Mauryn Grundlingh







