SUIKER BEDEKTE GRONDBONE
1 kg rou grondbone
1 koppie water
4 koppies suiker
Bietjie koekkleursel
Meng als in n pot, gooi kleursel by, wag tot dat dit kook. Stel stoofplaat op stadige hitte, roer aanhoudend (dit brand baie vinnig) totdat ale vloeistof weg is. Dit roer baie swaar, smeer oondpan. Bak dit op 180 ºC, roer nou en dan deurmekaar tot sugar coat lekker bros is.
Laat afkoel. Kan baie lank gebere word.
Baie lekker!!!
Peggy Devine








