MAKETAAN EN PYNAPPELKONSERF
Verwyder buite skil en vleis, meet die massa.
500 g gerasperde pynappel vir elke 1 kg gemaalde of gekerfde skil
voeg 100 ml water by vir elke 1.5 kg vrugte.
Kook stadig in toe kastrol tot sag. (dit neem nogal lank)
gebruik 1 kg suiker op 1 kg vrugte, gooi die suiker oor die vrugte en laat stadig kook tot suiker opgelos is.
Kook matig tot klaar, skuim af indien nodig.
Plaas in warm flesse en seel dadelik.
Nota: Ek het meer water gebruik, want daar was vir my te min vloeistof en stroop, verder baie lekker
Ek het ekstra stroop gekook en bygesit, maar my skil was in die kalk en ek dink daarom het dit meer sous nodig gehad.
Resep uit: Voedselpersevering – Eerste gemetriseerde Uitgawe 1978 – VLV boekie
Foto: Rina Kleinhans








