KATBOTTER KAASKOEK (grondboontjie botter)
220 g Orley Whip, styf geklits
220 g roomkaas by kamertemperatuur
½ koppie gladde katbotter (grondboontjie botter)
1/3 koppie suiker
1 pakkie tennisbeskuitjies
Handvol sout grondbone, fyngekapMeng die Orley Whip en roomkaas goed saam tot glad.
Meng suiker en katbotter by tot allea deeglik gemeng is.
Pak tennisbeskuitjies in bak en giet mengsel bo-op.
Sprinkel gekapte grondbone bo-oor.
Laat stol in yskas vir 30 minute.
Resep en foto: Hanta Henning
(eie resep)








