BLOODY MARY
Die geheim van ’n goeie Bloody Mary is myns insiens die gehalte van die tamatiesap. Kies maar self. Jy maak jou drankie deur eers die sap te meng met ’n goeie lepelvol suurlemoensap, twee draaie swartpeper, Tabasco na smaak (meer is beter) en ’n titseltjie sout.
Skink in ’n glas. Voeg twee stywe skeute vodka en 1 teelepel droë sjerrie by.
Meng goed, maak ’n selderystingel staan in elke glas en drink met smaak op. Die tweede Bloody Mary smaak nog lekkerder. Glo my.








