BLOEDWORS 2 (SWART WORS)
1/2 liter bloed
1 koppie pearl barley–crushed
3 koppies melk of vleis afterksel
1 ui bruin gebraai
2 eetlepels botter
1/2 eetlepel suiker
1 teelepel. fyn gekapte. marjolein
1/2 teelepel fyn wit peper
1-2 eetlepels sout
300 ml rogmeel
Plaas die crushed pearl barley in die melk of afterksel om te swel.
Sif jou bloed en plaas dan al die bestandele daarin.
Stop jou derm loserig met die beslag en bind die derm af aan albei kante.
Plaas die gestopte derm in effens gesoute water en kook baie versigtig vie ongeveer ‘n uur.
So gedurende die kook proses steek ‘n gaatjies om te verhoed dat die wors bars.
Die wors is gaar as daar nie meer bloed uitloop as daar ‘n gaatjie in gedruk word nie.
Geniet die word met lingonberry konfyt.
Resep geplaas deur Wilanda Räsänen








