TUNATERT MET “CHIPS”
2 blikke Tuna (in water)
1 blik sampioen room sop
1 koppie gerasperde kaas
1 groot pak kaas-en-uie chips (fyn gedruk)
Meng alles saam, skep in ‘n oondbak.
Sprinkel ‘n ½ koppie kaas bo-oor
Bak 15 min 180ºC.
Indien jy verkies, kan jy ‘n kors maak vir Tuna Tert:
Kors:
125 g margarine
1 ¼ koppie koekmeel
½ teelepel sout
Meng alles goed en druk vas op tertbak!
Sprinkle bietjie Aromat oor kors!
Tuna Tert – ALTERNATIEF
2 blikkies tuna in water
1 blikkie fyn pynappel
1 pakkie pynappel jellie
1 eetlepel gelatien
1 koppie kookwater
1 koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas
Los jellie op in kookwater, smelt gelatine in bietjie koue water en voeg by. Laat afkoel. Voeg dan mayonnaise by en meng deeglik. Sodra die mengsel begin stol, voeg die tuna, pynappel en kaas by. Laat in yskas om te stol.
Foto: Adam Cloete








