Ek het vir jare navorsing op chillies gedoen en altyd n groot voorraad op hande gehad.
Ek maak n sousie van gelyke dele water, suiker en wit asyn. Sout na smaak en sit soms mosterd korrels by en of pickling spice in n lapsakkie.. As jy heel chillies wil gebruik moet jy hulle prik. Andersins “onthoof” ek die chilies. Jy kan hul ook in die lengte deursny en ontpit, dan is hulle nie so “hot” nie. In elke geval, ek berei die chillies, kook die sous en as als opgelos is en kook, voeg ek chillies by, laat weer opkook en bottel met sous in warm gesteriliseerde flesse.
Bron: Annette Swanepoel
Suzette Steyn
My resep al vir baie jare: ek meet met die oog maar as jy op n resep moet werk, as volg! vir elke kg chillies (gechop) sit jy by een groot ui (fyn gechop), 2 eetlepels van daardie botteljies fyn garlic, so kwart koppie asyn, halwe eetlepel sout, peper, twee eetlepels suiker! Gooi in n pot en gooi half gewone olie en half olyfolie tot bedek en kook op die stoof vir so 10 minute op lae hitte! laat afkoel en bottel, geniet!