WRAPS
Resep: Retha Sorum Burger
Foto: Rene Truter Wessels
FOOD LOVERS RECIPES
3½ koppies koekmeel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
⅓ koppie kookolie
1 koppie baie warm water, amper kokend
Meng droë bestanddele in ‘n groot bak.
Meng olie en water en voeg by droë bestanddele.
Meng bietjie en gooi dan uit op die werkblad om verder te meng.
As dit bymekaargekom het, knie dit 20 keer en laat rus dit dan vir 15 min.
Vorm deeg in ‘n wors en sny in 4 gelyke stukke.
Sny elke stukkie weer in 4.
Begin elke bolletjie met ‘n koekroller uitrol tot baie dun. Probeer om die vorm rond te hou maar dit maak nie saak as dit hoeke trek nie.
Plaas ‘n droë pan op ‘n warm stoofplaat en bak vir 20 sekondes aan elke kant. Dit sal sulke lugborrels in die deeg maak.
Laat afkoel en kan gevries word.
Gemaak deur Rene Truter Wessels en sy kan dit regtig aanbeveel- heerlik!









Done