SKAAP RUG OP WEBER
Kry vir jou die Skaap se rugstring.
(Agterste deel maw saddle soos ingelse se )
Spessery na smaak .
Ek smeer dit goed in met wochesire sous.
Sout en peper en kruie bv fyn roosmaryn.
Plaas op weber met vet kant na bo.
(net vir so n halfuur dan draai jy hom om.)
As hy gaar is en jy het nie n vleissaag om hom
tjoppies te saag nie , dan kan jy die rug biltonge so
uit sny. Of n ou wat vleis goed ken sal deur die litte kan sny .
Dit klink dalk na n vermorsing en tydrowend , maar om daai vleisie met been en al so in een stuk te braai is voorwaar iets om te proe.
Dit wys net weer koekom kokke verkies om wleis met been dele in voor te bery . Dit gee beter smaak.
Daai vleis is so geurig ,, en so sag soos murg !!
Dries Von Weidtz