EENSKOTTEL VIENNALEKKERTE
1 blik Weense worsies
4 – 6 eiers, hardgekook
1 blik aspersies/sampioene
2 koppies kaassous
Gerasperde kaas
Sny wors in stukkies en eiers in kwarte.
Plaas die eiers, worsies, aspersies en kaassous in ‘n oondbak.
Strooi die kaas bo-oor en bak in oond totdat kaas gesmelt het.
Bedien op rys.
Baie lekker saam met ‘n ingelegte perske op die kant.
Nota: as jy van kerrie hou kan jy hom so kerrie smakie ook gee.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans







