

VANILLA CUPCAKES MET KARAMEL
Ek bak en brou die lekkerste in die aand wanneer die dag se hitte verby is. Ek het laasnag die vanilla cupcakes gebak.
Ek het hom net anders versier as wat die resep sê. Ek het hulle doppies afgesny en met caramel en buttericing gesmeer, weer toegeplak en caramel en icing bo-op. Dis `n heerlike sponserige cupcake en glad nie droog nie.
Hier is die resep :
125 g/ml botter by kamertemperatuur
125 ml strooisuiker
5ml vanilla geursel
2 eiers
375 ml bruismeel
125 ml melk
Voorverhit oond tot 180 ºC. Gebruik papierhouertjies, of bespuit muffinpannetjie. Verroom botter, strooisuiker en vanilla. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Roer die meel en melk om die beurt by die bottermengsel. Skep die papier bakkies of bespuite muffinholtes twee derdes vol beslag en bak vir 15min. Laat afkoel op `n draadrak en versier soos verkies. Ek het myne in `n bespuite muffinpan gebak en stel voor dat hulle versigtig uitehaal word, want hulle is heerlik sag! Geniet !
Resep geplaas en foto: Moira Kemp