

OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES
Kook 1 kg klein uitjies soos volg:
Verwyder skilletjies.
Maak snytjie aan wortelkant van elke uitjie.
Kook 40 minute in kokende water of tot uie sag is, nie pap nie.
Dreineer die water af en dreineer goed.
Berei intussen eier-suursous om oor uie te giet.
1 eier
2 eetlepels suiker
¼ teelepel sout
½ teelepel mielieblom
2 eetlepels asyn
2 eetlepels water
Maak die eier suursous in ‘n glas bak wat oor ‘n pot met kook water pas.
Klits eier goed en voeg res van bestanddele by.
Plaas glasbak oor pot met kokende water en klits aanhoudend met ‘n vurk tot dit begin verdik.
Verwyder van hitte en klits tot dit lig is.
Dien warm op vir groente of koud vir slaai.
Resep: Hannalie Kitshoff






