Sny ‘n ferm waatlemoen in skywe, skil die groen buite skil dun af en sny die pienk vleis en pitte uit sodat daar ‘n rooskleurige randjie aan die wit binneskil oorbly. Sny die binneskil in blokkies op todat die hoeveelheid 2 kg is.
Maak ‘n oplosing van 12,5ml gebluste kalk vir elke liter water wat nodig gaan wees om die blokkies meet te bedek. Laat dit ‘n rukkie staan. Giet die helder vloeistof af en week die blokkies oornag daarin. Gooi die afsaksel weg. Dreineer die blokkies die volgende dag en spoel dit in ‘n vegiettes onder lopende koue water af.
Kook die suurtjies soos volg:
15 ml heel naeltjies
10 ml wonderpeperkorrels
1 knoets gekneusde gedroogte gemmerwortel
10 ml koljanderkorrels
1.25 liter water
1 kg suiker
750 ml wit asyn
15 ml sout
30 ml kerriepoeier
30 ml mielieblom
5 ml borrie
2 ml mosterdpoeier
Bind die naeltjies, wonderpeper, gemmer en koljander in ‘n stukkie kaasdoek toe. Voeg die speseryesakkie en water by die waatlemoenblokkies en kook die blokkies tot sag. Voeg die suiker by, roer die mengsel liggies, verhit dit stadig tot kookpunt en kook die blokkies tot stroperig. Voeg die asyn en sout by die waatlemoenblokkies en laat dit goed deurkook. Verwyder die sakkie en pers al die vloeistof daarin oor die blokkies waatlemoen uit. Gooi die sakkie weg. Meng die kerrie, mielieblom, borrie en mosterd met ‘n bietjie ekstra asyn tot ‘n pasta, roer dit by die waatlemoenmengsel en laat dit deurkook. Bottel die suurtjies warm en verseel dit dadelik en gesteriliseerde flesse. Laat dit ‘n maand lank ryp word voor gebruik.
Lekker vir later.
One thought on “KERRIE WAATLEMOENATJAR”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.








Done