

SKUINSKOEK
SKUINSKOEK van my vriendin Rietta Engels van Copperton.
2,5 kg koekmeel
2 pakkies kitsgis
4 koppies suiker
2 teelepels sout
Anys na smaak
Louwarm water
125 g margarien
Meng al die droe bestanddele saam, en maak aan met water tot ‘n lekker kniebare deeg. Knie die margarien in en knie goed deur. Laat rys tot dubbel die oorspronklike grootte. Knie weer af, breek stukkie deeg af en rol in lang stringe uit (soos slange) druk effens plat en sny in skuins stukke. Bak in diep olie tot goudbruin en gaar.
FOTO: Dawie van den Heever






