BROSKORSDEEG
500 ml koekmeel
Knippie sout
190 g botter
15 ml strooisuiker
1 Eiergeel
75 ml yswater
5 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam. Vryf botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk en voeg die suiker by. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meelmengsel tot dit n deeg vorm. Bedek met kleefplasiek en verkoel 1h in yskas. Rol deeg ongeveer 4mm dik uit en voer jou pan daarmee. Bak kors “BLIND”vir 10min. verwyder bakpapier en jou bone. Bak die kors vir nog 5 min. sodat die bobem kan droog word….
Oond op 180 grade C voorverhit!!







