

GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT
3 vars granadillas
3 groot geel pruime
‘n halwe papaja
Sny die vrugte in stukke en haal die granadilla vleis uit hulle doppe.
Weeg jou vrugte af en strooi dieselfde hoeveelheid suiker oor en laat staan dat dit stroop trek.
Wanneer daar nie meer suiker is nie, roer lekker deur en voeg so 15 ml suurlemoensap by, kook in die mikrogolf, 5 min op ‘n keer vir ongeveer 15-20 min dit hang af van hoeveel vrugte jy gebruik het.
Doen die koue piering toets en bottel in warm voorbereide bottels wanneer jou stroop reg is.
Resep en foto: Rina Kleinhans







geskuif