Ek doen dit sommer so uit die kop julle
Die enigste vereiste met filodeeg is dat jou filling nie te souserig moet wees nie. Ek braai gekapte uie of leeks in botter tot sag, dan stoom ek net die gekapte spinasie vinnig, meng met die uie, sout en peper en ook knippie fyn neut asook gekapte vars fennel (dit gee daai wow smaak), dan klam ek dit aan met geklitste eier, jy hoef nie al die eier te gebruik nie en meng met fyngemaakte Fetakaas. Nou kan jy jou filo vul of dit tussen lae filo sit.

Louise Groenewald
NOG ‘N RESEPPIE
Vir my vulsel kook ek my spanasie gaar en dryneer en laat afkoel. Neem dan sommer n lekker klomp Feta kaas en krummel dit by die spinasie wat jy fyn gekerf het. Braai jou fyn uie in n pan en neem soveel Bacon soos jy van hou as jy van bie vleis hou kan jy meer bacon in sit. Braai dit lekker gaar en sag. Die vleisies moet lekker fyn gesnipper wees want die pakkies is klein wat jy dit mee vul. Snipper n paar soet suur peperdews in en neem n teelepel of twee garlic daarby. en geur met sout en peper en Italian herbs. Neem n paar lepels gedroogde parmisaan kaas en roer al die bestandele deurmekaar. Neem nou jou Philo wat jy in lang repe gesny het en smeer gesmelte botter met jou kwassie mooi oor 3 stroke philo wat op mekaar pas om die bros laagies te vorm. Sit n groot tl vol op die deeg se punt neet en begin vou soos vir n samosa. Die geheim van die spinekopita is om die vulsel droog te hou daarom gebruik ons n harde kaas soos Feta want dit gaan nie so maklik smelt en in die olie mors waneer jy dit braai nie. Deep fry in diep olie tot mooi goud bruin. As jy dalk kaas met n laer smelt punt wil by sit gebruik net min want dit kan maar n ergernis met die olie af gee
Emelia Lans-Brown