GEBAKTE KAASKOEK
1 pk mariebeskuitjies fyngedruk
12,5 ml suiker
100 g botter
2 ml kaneel
Meng suiker, kaneel, beskuitjies en botter saam. Voeg 2 druppels Rum geursel by en meng deur. Voer pan uit met mengsel.
Vulsel:
2 x 250 g maaskaas
2 eiers
250 ml suurroom
25 ml koekmeel
10 ml vlapoeier
1 ml sout
125 ml suiker
Meng maaskaas en eiers. Meng vlapoeier, sout en meel by maaskaasmengsel. Voeg suurroom by en klits goed. Voeg nou suiker by en klits weer. Skep die mengsel in die kors.
Bak vir 30min by 180°C en 20min by 150°C
Kan ook in muffin panne gebak word en versier word met sjokolade ganache