MIELIESOP
Ek’t vanaand my ma se famous ‘Mielie-sop’ gemaak. Ek weet nie waat sy die resep gekry het nie maar dis ‘n wenner veral as jy ‘n lekker vinnige soppie aanmekaar wil slaan. Ek het vanaand sommer hoender gebruik i.p.v spek
Gebruik die blikkie van die roommielies om al die afmetings te maak
1 blik roommielies
1 blik gevriesde mielies
1 blik kookwater
1 blik melk
Spek en grasuie na smaak
Braai die spek en grasuie saam en geur met sout en peper. Voeg die res van die bestanddele by en laat dit deur warm word. Viola, smul-lekker sop!
Resep en foto: Charmè Coetzer








