WAFELS VIR ‘N WAFELPAN
625 ml koekmeel
3 t bakpoeier
5 ml sout
230g botter/margarien
190 ml suiker
3 eiers
190 ml melk
125 ml kookwater
sonneblomolie vir bak
Verhit wafelpan.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Verroom botter en suiker en voeg eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.
Roer meelmengsel beurtelings met die melk by die eiermengsel. Voeg die kookwater by (gebruik bietjie meer indien nodig) en roer dit vinnig deur. Gooi die regte hoeveelheid !!!
Foto en resep deur Floraine Wasserman Venter
Done