Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eier en melk saam en voeg by. Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai.
Genoeg vir twee mense.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans









Geskuif