Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam. Klits die eier en voeg by (Lees nota). Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute. Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper. Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel. Plaas op ‘n meel bestrooide bord en plaas weer in die yskas vir 15 min of langer.
Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai.
Genoeg vir twee mense.
Nota: Indien jy kapokaartappels gebruik wat reeds melk en botter in het, laat die eier weg, en meng 1 eetlepel koekmeel in die vismengsel in.









Geskuif