

SOETGEPIEKELDE KOOL
16 koppies gekapte kool
3 koppies gekapte ui
4 koppies suiker
125 ml sout
3 koppies asyn
375 ml water
1 eetlepel pickling spice
Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
PS! jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen






