Dit het ‘n paar probeer slae gevat om ‘n lekker koring-vrye broodjie te maak wat ook nie te duur is nie. Dit help al om 2.5 kg rogmeel te koop eerder as die klein 500 g pakkies. Die broodjie kos onder R8 vir al die bestanddele en ekstra krag (as jy die duurder 500 g rogmeel koop gaan dit net so oor die R10 kos). My grootste probleem was om dit heel gaar te kry! Ek reken ek het uiteindelik sukses behaal! Die broodjie was selfs lekkerder en ligter as die vars 100% Rogbrood wat ons Spar verkoop. En verseker ‘n wenner by die kinders. Al was hulle nie baie beïndruk om vir 4 ure te wag vir die brood nie.
1 ¼ koppie water
1 eetlepel olie
1 groot eier
1 ½ teelepel sout
1 ½ eetlepels suiker
200 g rogmeel (2 koppies)
100 g hawermout (fyn gemaal in die voedselverwerker)
30 g Maizina (mielieblom) (ongeveer 2 opgehoopte eetlepels
2 teelepels kits gis
Plaas alles (behalwe die gis) in die broodmasjien en meng eers self.
Sprinkel die gis oor.
Kies dan die whole wheat siklus vir ‘n 1.5 pond broodjie.
As die siklus klaar is bak die brood vir ‘n verdere 30 minute op die extra bake funksie. (En toets dat dit deur gaar is voor jy die siklus stop)
Resep: Berie Smith
7 thoughts on “ROG HAWERMOUT BROODMASJIEN BROOD”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.








Perie Smith,
Rog Hawermout Broodmasjien Brood
moet die deeg lyk soos dik pap? Lyk gladnie soos brooddeeg nie. Of het ek nou iewers verkeerd verstaan?
Ek bak al soveel jare met my masjien en skielik sukkel ek met al wat n brood is. Sal raad waardeer.
Elna
Hi Elsie, ongelukkig sal Perie Smith nie jou vraag hier sien nie, net ek sien dit, onthou om maar altyd eerder die link op die facebook groep te plaas en daar te vra, dan sal hy dit sien. Dit wil ook vir ons voorkom asof die nuwerwetse meel minder gluten bevat en op die manier rys niks reg nie. ek loer vir jou na die resep, maar ek stel voor jy vra op die groep asb? Lekker bak en sterkte ek hoop dit kom reg
Elna, as ek na die bestanddele kyk dan is die vloeistof in verhouding met die meel en hawermout baie, so ja ek kan dink dit lyk soos dik pap od baie slap deeg… laat weet asb hoe het jou brood gekom. My persoonlike ondervinding is , is dat alle broodmasjiene se meng metode verskil, so ek hoop regtig hierdie een werk vir jou. ons hoor graag van jou.
Rina, die brood is baie swaar en lyk toegeslaan en platgeval. Smaak darem nie te sleg nie maar lyk soos n vierkantige broodrolletjie op steroides. Ek stem saam met jou oor die vloeistof en al is ek dol oor sout, is dit ook te veel. Ek bak al soveel jare in die ou masjientjie dat ek dit behoort te ken maar my brode word net erger. Betwyfel al my eie vermoeens, maar miskien word masjien nou afgeleef soos ek. Dankie vir jou moeite
Elsie almal wat bak kla deesdae oor hulle gebak, dit is die meel wat verander het, daar is minder gluten in die meel en rog meel het geen gluten in nie, ek sal beslis so half kp koekmeel bysit en ek glo dan gaan jou probleem opgelos wees.. probeer en laat weet asb? Sterkte.. ek sukkel net so met my jare oue koek resepte 🙂
Rina, baie dankie vir hierdie nuus. Ek het sowaar al in my vermoens begin twyfel (na al die jare se bak en brou). Jy gee my sommer weer moed. Die sogenaamde nuwe resepte werk ook maar nie so goed nie. Dan vereis hulle allerhande vreemde bestandele wat nie in klein dorpies beskikbaar is nie en n plaas se geld kos. En dis alles vir ‘n mens wat alles alleen moet opeet 🙂 Ek sal beslis jou aanbeveling probeer (na ek my platbroodjie opgebruik het) en laat weet, baie dankie.
Elna, ek het vanoggend ‘n bruismeel aanpassing in die koek resep gemaak en dit het perfek gewerk, ek glo dit gaan jou broodjie ook reg. Dankie vir die terugvoer.