
RABARBER BLATJANG
2 kg rabarber
500 g uie
30 g gemmer
10 g sout
500 g appels
500 g bruinsuiker
30 g kerriepoeier
750 ml asyn
Was en sny rabarber in klein stukkies.
Skil en kap appels .
Maal uie fyn.
Plaas al die best.in kastrol en voeg die helfte van asyn by.
Kook 30 min. Voeg res van asyn by en kook tot vloeistof verdamp en blatjang dik is
Skep in warm flesse en verseel..
RESEP GEPLAAS DEUR Hanlie Liebenberg






