

PEER-EN-RYSPUREE
Ideaal vir babas tussen die ouderdom van 7 en 9 maande wanneer nuwe teksture en smake aan baba bekend gestel moet word. (Maak 75-100 ml)
2 groot pere, geskil en in blokkies gesny
1 koppie gekookte Thai-rys
Prut die pere in 2 eetlepels water vir 10 minute tot sag. Laat effens afkoel. Meng die gekookte pere en rys met ‘n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseëlde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.
KARLIEN JACOBS






