

PA FANIE SE VISKOEKIES VAN VARSWATER VIS
Resep geplaas deur Bets Lourens
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is my oorlede skoonpa se eie resep!
Maak vis skoon.
Bak vis in oond tot net gaar. Laat afkoel en haal soveel grate uit as moontlik.
Maal die vis 2-3 keer goed. Maak meuletjie na elke keer eers goed skoon.
Meet vis af in koppies en gebruik dan vir elke 2 koppies gemaalde vis die volgende bestanddele:
1 ui, fyn gekap of gemaal
1 koppie gaar, fyngemaakte aartappels
+- 1 teelepel sout
½ teelepel swart peper
1 eetlepe asyn
3-4 eiers, geklits
soveel gekapte pietersielie as wat jy wil.
Meng alles goed deur. Maak viskoekies en sit op gesmeerde/ meel bestrooide skinkborde. Sit bietjie in die vrieskas om goed te set, maar nie te vries nie. Doop in geklitste eier en rol in krummels. Bak dan in vlak olie tot gaar. OF maak degie aan en doop hulle daarin en bak in diep olie tot gaar.
DEGIE:
Sif ¾ koppie koekmeel, knippie sout en knippie peper saam. Klits 1 eierwit tot styf.
Meng ¾ koppie lou water en 2 teelepels olie.
Voeg droë bestanddele by en meng goed. Vou eierwit in en laat staan vir +- 1 uur voor gebruik. Die beslag moet omtrent so dik soos pannekoekdeeg wees. Indien te styf, voeg nog bietjie water by, maar toets eers 1 om te kyk!
NB!! Ek sit sommer die eiergeel ook by die vismengsel in, anders mors hy tog net! Geniet!






