MRS BALL’S CHUTNEY
Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.
612 g droë perskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 ½ kg wit suiker
500 g uie
12 g sout
7.5 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75 g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.
Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn.
Kook die vrugte in asyn en dreineer.
Maal in klein stukkies in ‘n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker (opgelos in ‘n bietjie asyn) en uie (gemaal) by en kook in ‘n groot pot in die asyn, die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid van die blatjang, dit moenie te loperig of te dik wees nie.
Voeg kruie by en kook vir 2 – 2½ uur.
Roer nou en dan met ‘n houtspaan dat dit nie vasbrand nie.
Bottel die blatjang in gesteriliseerde bottels en seël die bottels warm.
Gebottel kan dit jare bewaar word, indien oopgemaak, kan dit ongeveer 6 maande in yskas (koelkas) hou.
Resep getoets: Lindie Louw







