MAKLIKE KARAMEL KAASKOEK
sooo maklik en eenvoudig.
1 blikkie kondensmelk
2 houers gladde maaskaas
250 ml room
1 eetlepel suurlemoen sap
1 pakkie karamel kits poeding (of enige geur van jou keuse)
En dis dit…..jy gooi als in een bak en meng met klitser………. siedaar…sekondes se ek jou.
Die reseppie bevat geen koekie nie….maar ek het onder in bak sommer tennis beskuitjies (gemeng met gesmelte botter) gesit, die beslag oor gegooi en bo op koekie gesprinkel.
FOTO EN RESEP: Marisa Olivier








