GEDROOGTE OF GEVRIESDE VARS ERTJIES
Pluk slegs jong vars ertjies, dop uit en verwyder die beskadigde pitte.
Blansjeer dit ‘n minuut lank in kookwater en dompel dit daarna dadeLik in yswater.
Dreineer die ertjies en bevries dit oop op ‘n bakplaat. Verpak die bevrore ertjies in vriessakkies GEDROOGTE ERTJIES
Laat die ertjies ryp word aan die plant, maar pluk dit voor die doppe droog is. Dop uit en blansjeer dit 2 min in kookwater of stoom. Dreineer die ertjies en versprei dit ongeveer 2cm dik op ‘n bakplaat.
Laat ertjies op’n sonnige plek of baie koel oond uitdroog. Roer gereeld om te voorkom dat die ertjies muf.
OM TE GEBRUIK: Vinninge metode is om dit met water te bedek, tot kookpunt te verhit en dan 2 min lank sonder ‘n deksel te kook.
lekker vir later
Haal die kastrol van die stoof af, sit die deksel op en laat dit ‘n uur lank week in die warm water. Dreineer die geweekte ertjies en kook daarna ‘n paar minute lank in vars water.
Dreineer weer, voeg weer vars water by en kook tot sag.







